Titanic (rolprent)

Titanic
Regisseur James Cameron
Produksieleier Jon Landau
James Cameron
Draaiboek James Cameron
Met Leonardo DiCaprio
Kate Winslet
Billy Zane
Frances Fisher
Kathy Bates
Victor Garber
Gloria Stuart
Bernard Hill
Bill Paxton
Musiek deur James Horner
Kinematografie Russell Carpenter
Redigeerder Conrad Buff
James Cameron
Richard A. Harris
Verspreider Internasionaal
20th Century Fox
VSA/Kanada
Paramount Pictures
Uitgereik 19 Desember 1997
Speeltyd 195 min
Land Verenigde State van Amerika
Taal Engels
Begroting VS$ 200 miljoen[1]
Bruto wins VS$ 1 848 813 795[2]
Amptelike webtuiste
IMDb-profiel
The Heart of the Ocean (werklike rekwisiet), die halssnoer wat Cal aan Rose gee as verlowingsgeskenk.
Die trappestel wat in die rolprent gebruik is, is effens breër as die stel wat op die werklike skip gebruik is, gemaak, aangesien hedendaagse mense breër en groter is as wat die mense van daardie dae en in daardie klas was.

Titanic is 'n Amerikaanse romantiese rolprent van 1997 wat oor die sinking van die RMS Titanic handel en deur James Cameron geregisseer, geskryf, medevervaardig en medegeredigeer is. Kate Winslet vertolk die rol van Rose DeWitt Bukater en Leonardo DiCaprio die rol van Jack Dawson — twee lede van verskillende sosiale klasse wat op mekaar verlief raak aan boord van die skip se noodlottige nooiensvaart. Die hoofkarakters en die sentrale liefdesverhaal is fiktief, maar sommige karakters (soos lede van die bemanning) is op werklike mense gegrond. Gloria Stuart speel die ouer Rose, wat die verhaal vertel.

Die vervaardiging van die rolprent het in 1995 begin toe Cameron beeldmateriaal van die werklike wrak van die RMS Titanic ondersee verfilm het. Hy het die liefdesverhaal gesien as 'n manier om die gehoor by die ware tragedie van die skip te betrek. Die moderne tonele is by die Akademik Mstislav Keldysh verfilm en die res van die tonele op 'n herskepping van die skip wat by Playas de Rosarito, Baya California, gebou is. Cameron het ook van skaalmodelle en rekenaargeskepte beelde gebruik gemaak om die sinkingstoneel te herskep. Titanic was indertyd die duurste rolprent en het ongeveer VS$ 200 miljoen gekos, met befondsing van Paramount Pictures en 20th Century Fox.

Die rolprent sou aanvanklik op 2 Julie 1997 uitgereik word, maar naproduksie-vertragings het die rolprent se uitreiking tot 19 Desember 1997 vertraag. Nadat die nuusmedia hiervan te hore gekom het, het hulle geglo dat Titanic 'n mislukking sou wees en dat die rolprent Fox en Paramount daarmee saam sou kelder. Met sy uitreiking was die rolprent egter 'n enorme kritiese en finansiële sukses. Dit is vir veertien Academy-toekennings benoem en het elf, onder meer beste rolprent, gewen.[3] Dit het die rolprent met die hoogste bruto inkomste tot op daardie stadium geword, met 'n wêreldwye totaal van VS$1,8 miljard, steeds die sesde grootste bruto inkomste tot dusver in Noord-Amerika, met inflasie ingereken.

  1. "Box office statistics for Titanic (1997)". Box Office Mojo. Nagevra op 15 Oktober 2006.
  2. Movie Titanic – Box Office Data, News, Cast Information – The Numbers
  3. http://www.rottentomatoes.com/m/titanic/

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy